Hierdie Moslem nasie is die tuiste van Islam. Dis ook die episentrum van fanatiese Islam en terrorisme. Saudi-Arabië is geheel en al geslote vir die Evangelie. Evangelisering is onwettig. Bybel is verban. Afvalligheid van Islam is strafbaar met die dood. En tog is God aan die beweeg. Die geheime Kerk is in elke stad aan die groei. Vandag is daar enige iets tussen 20 000 en 100 000 gelowige Arabiere in Saudi-Arabië. Hulle is vurig besig om die Here te dien, met die voordurende gevaar dat hulle daarvoor gehang kan word. Bid vir baie jongmense wat hopeloos en kwaad voel. Bid dat hulle nie in terrorisme groepe ingetrek, maar eerder na Jesus getrek sal word. www.tiny.cc/wb301