Daar is gereeld verwarring in die Moslem-wêreld oor Jesus. Vir jare het die Turke Kersfees tradisies en praktyke aangeneem, alhoewel hulle dit op Nuwejaarsdag vier. Die woord “Kersfees” is in die Turkse taal na “Nuwejaarsdag” verander. ‘n Mens kan sê dat dit ‘n vorm van kulturele sensorskap is wat hulle toegepas het. Deur spesiale programme vertel die SAT-7 stasie die goeie nuus van Jesus se geboorte in Turks aan die mense. Bid dat Turkse kykers die ware betekenis en rede vir die feesvierings sal verstaan. Bid dat die saad wat hierdie seisoen gesaai word, ‘n groot oes sal inbring en baie vrug sal dra. www.is.gd/wb253