Soedan


Weens oorlog en hongersnood, is 13 miljoen Soedanese verplaas, beide in Soedan en naburige lande.  Aangesien dit Moslems is wat vir die slagting onder Moslems verantwoordelik is, word baie met diep vrae gelaat.  Soedan se Darfus area loop veral deur onder die voortslepende konflik.  Histories is die area uitsluitlik Moslem.  Dr yassir Eric beleef egter ‘n spirituele transformasie, wat onder die Darfuri vlugtelinge plaasvind.  Hy het onlangs 250 gelowiges van Darfus, uit ‘n Moslem agtergrond op een dag gedoop.  Bid dat mense ten spyte van die onrus, die transformerende liefde van Jesus Christus sal ervaar.  www.tiny.cc/wb316