Bekering


Hoeveel Moslems het hulle al tot die Christendom bekeer?  Stories van reg oor die wêreld dui op ‘n kragtige geestelike ontwaking wat onder baie Moslems nasies plaasvind, ten spyte van intense religieuse druk, beperkings weens Islamitiese wette en die dreigemente van vervolging.  Soedan:  Meer as 5 miljoen het Christene geword sedert die 1990″s.  Iran:  Volgens die Bybelgenootskap vind daar na bewering 2000 bekerings per dag plaas.  Indonesië:  Een webblad maak aanspraak op 2 miljoen bekerings per jaar.  Bid vir die miljoene nuwe bekeerlinge uit ‘n Islamitiese agtergrond.  Vra God om hulle geloof te versterk en dat hulle kragtige getuies sal word en so meer mense in die Koninkryk sal inbring.  www.tiny.cc/wb321