Met die aankoms van die Spanjaarde in 1526, was Christus aan hulle onbekend. Die Peruane het toe die heidense godsdiens met die Rooms-Katolieke geloof vermeng. Dit is vandag steeds die basiese godsdiens in afgeleë areas. Tog vind godsdiens transformasie plaas. Evangeliese gelowiges het van amper niks in 1950, tot 4,4% in 1996 en tot 11,3% vandag gegroei. Selfs in landelike areas omarm die jeug Christus en sien af van hul heidense oortuigings. Prys God vir elkeen wat Jesus as Here gevind het. Bid dat Christene met vrymoedigheid teen sonde en ongeregtigheid sal opstaan en ook die armes en onderdruktes sal bedien. www.tiny.cc/wb323