In post-moderne Europa is Christendom as ‘n godsdiens dood, tog is God aan die beweeg. Reg oor Europa is mense besig om Christus as vriend en as Verlosser te ontmoet. Verskeie organisasies vertel van volgepakte stadions vir evangelisiese byeenkomste. In die Verenigde Koninkryke gaan 2 miljoen meer mense kerk toe as 6 jaar gelede. In Frankryk open ‘n nuwe kerk elke 10 dae. In Spanje, elke 3 dae. Bid vir die “Ontwakkende Europa” uitreik wat nou plaasvind, met die doel om die Evangelie op ‘n een-tot-een basis met 1 miljoen verlore mense in 30 stede te deel. www.tiny.cc/wb326