Richard het gevoel dat hy besig was om sy lewe binne die vier mure van die Maksimum gevangenis te vermors. Die verveling van een dag het in die ander in gevloei, en is net deur die wisseling van wagte afgewissel. Toe ontvang hy die Woord van WMP. Dit het sy lewe radikaal verander. Nou na sy vrylating, is hy besig om hierdie boodskap aan sy gemeenskap en selfs wyer te verkondig. WMP druk ongeveer 10 miljoen boekies, in 350 tale, per maand. Hierdie boekies word na meer as 200 nasies verskeep, alles heeltemal gratis. Bid vir hulle verspreiding in Asië. Bid vir hulle veiligheid en die vermoë om vrylik te kan beweeg. Video: www.tiny.cc/wb330