72 jarige verkondig die evangelie oor die wêreld deur tegnologie. Vir 27 jaar het Arch Bonnema een week per maand gebruik vir besoeke in die sendingveld. Met Covid het hy na tegnologie gedraai om die Woord te versprei. Die beperkings op sy prediking het baie goed vir sy bediening uitgewerk. Arch het deur sy personeel in Pakistan amper 30 000 Oudio Bybel uitgedeel. Dit is baie effektief, want 43% van die bevolking is ongeletterd. Arch preek ses dae van die week vir kleingroepies in Pakistan, deur middel van sy selfoon, met die hulp van ‘n vertaler. Met tegnologie het die impak van sy bediening drasties vergroot. www.tiny.cc/wb331