Terwyl Kojin in Noordoos Irak opgegroei het, was daar nie een enkele Christen in sy omgewing nie. Nadat hy nie bevredig is deur wat hy uit die Quran geleer is nie, het Kojin na die waarheid besoek in ‘n Evangelie van Lukas, wat hy in ‘n boekwinkel gevind het. Die boekwinkel eienaar het sleg die een kopie gehad, so hy het dit aan hom geleen. In sy desperaatheid om meer oor Jesus uit te vind, het hy sonder sukses aanhou soek. Jare later het hy uiteindelik ‘n paar Jesus volgelinge onmoet. Hierna het alles vir hom verander, nie net vir hom nie, maar ook vir baie mense in die area waar hy gewoon het, en wie hy uiteindelik ook na die Here gelei het. Bid vir baie Moslems wat op soek is na die waarheid, om ‘n Jesus volgeling te ontmoet, wat vir hulle die Weg na Jesus kan wys. www.is.gd/wb334