Nepal hou aan worstel met die nagevolge van jeuggedrewe anti-korrupsie opstande wat onlangs die regering omvergewerp het. Prys God dat die kerk van 25 lede in 1960 tot 100 000 in 1990 en naby aan ‘n miljoen vandag gegroei het. Ongelukkig is die publieke beeld van Christendom dat dit ‘n buitelandse, meestal Westerse indringer godsdiens is, wat die tradisionele kultuur ondermyn en wat meestal net vir die laer groepe aantreklik is. Bid vir onderskeidingsvermoë, moed en standvastigheid in geloof gedurende hierdie ontstuimige tye. Bid dat die kerk waarlik ‘n getuie, veral teenoor die rustelose en soekende jeug, sal wees. www.tiny.cc/wb338