Neem ‘n terroris aan


Radikale terroriste in ontwikkelende lande is van die moeilikste mense om vir Christus te bereik.  As hulle egter in die tronk beland, verander die dinamika.  Nou raak hulle ‘n gevange gehoor wat honger is om te luister.  Is daar ‘n beter geleentheid om die liefde van Christus met van die gehardste harte wat in boosheid vasgevang is, te deel?   Hoe wonderlik is dit as hulle Jesus aanvaar, vrygelaat word, terug keer na hulle gemeenskappe en die liefde van Christus deel.  Bid dat ekstremiste in tronke na Christus draai en dat hulle soldate van God se genade en waarheid sal word!  www.is.gd/wb342