GESKIEDENIS VAN DIE NG KERK NOORDOOS – PRETORIA SE PYPORREL
Die Nederduits-gereformeerde gemeente Noordoos – Pretoria is geseënd met ‘n goeie pyporrel wat tydens eredienste deur ons baie bekwame orreliste, Mariette Terblanche, bespeel word. AGTERGROND Die kerkraad het in Mei 1972 Mnr AJJ Troskie (later Prof Troskie, ‘n bekende in orrelkringe) aangestel as orreladviseur vir die ontwerp van ‘n pyporrel vir die kerk wat op […]