Ondergrondse kerk


Op 15 Augustus, presies ‘n jaar gelede, het die Taliban beheer oor Afghanistan se hoofstad geneem.  Mense is genadeloos tot armoede onderdruk.  Mense is desperaat op soek na enige vorm van hoop.  Gevolglik het die ondergrondse kerkleiers ‘n geleentheid om te deel dat God se genade genoeg is.  Hulle hou hiermee aan selfs met die voordurende dreigemente om geslaan, verkrag of vermoor te word.  Afghanistan is land waar die kerk steeds die tweede vinnigste in die wêreld groei, selfs met die Taliban in beheer.  Bid dat die ondergrondse kerk gevul met die Heilige Gees sal wees en vir gelowiges om vasberade en braaf in die gemeenskappe te wees.