Afganistan


Die dreigement van teregstelling het nie mense se honger na die waarheid gestop nie.  Ramazan Rafee, ‘n seun van ‘n mullah, het na Christus gedraai nadat hy die vervolging van sy Hazara mense bevraagteken het – ‘n keuse wat amper daartoe gelei het dat sy pa hom doodgemaak het.  Nadat Ramazan ‘n verlate Bybel in Kabul gevind het, het hy in 2009 tot bekering gekom en ‘n huiskerk begin lei.  Ten spyte van die oorname deur die Taliban in 2021 en aansprake dat Christendom uitgewis is, bly die ondergrondse kerk veerkragtig.  Met die gevaar wat hoër as ooit isa, is die beweging nie net besig om te oorleef nie, maar aan die groei soos wat nuwe gelowiges aanhou om hoop in die Evangelie te vind.  www.tiny.cc/wb402