Kerkplanters in die noordweste van Ghana is aktief besig om die evangelie aan die Birifor mense, wat landbouers is en wat beperkte toegang tot die Skrif in hul eie taal het. Die Wêreld Sending Pers (WSP) druk ongeveer 10 miljoen pamflette in 350 tale per maand. Die WSP pamflette in Birifor is in die laaste fase van afronding en daar word verwag dat dit van die drukkers in die volgende paar maande ontvang sal word. Om materiaal in jou hartstaal te hê, maak ‘n diep persoonlike impak. Een plaaslike Birifor boer het gesê dat dit die heel eerste keer gevoel het of God direk met hom praat. Bid vir die Birifor mense sodat hulle soos wat hulle die materiaal lees en herlees in hul kennis van Christus sal groei. www.tiny.cc/wb434