China


Sedert 2016 het China hul onderdrukking van Christene verskerp, deur buitelandse sendelinge uit die land te sit, om so plaaslike gelowiges te isoleer van die globale gemeenskap.  Deur die ondersteuning van ‘n wydverspreide netwerk van 400 miljoen gesigs-herkenningskamera’s, arresteer en martel die staat op ‘n roetine basis pastore.  Dit dwing die kerk om volledig ondergronds te beweeg.   Hierdie ondergrondse kerk het ‘n taaiheid en veerkragtigheid gewys en klein huisgroepe word voordurend gestig.  Spirituele belangstelling neem al meer toe, veral in stedelike sentras.  Bid vir die tiene miljoene wat met moed hul geloof beoefen en aanhou om hul geloof te versprei, ten spyte van die groot toesig risiko.  www.cutt.ly/wb445