Preekskets 21 Maart 2021 Ds Floors Ellis – Coram Deo


Teks:  Jes 7

Liedere:  450:1,2  239:1   355:1,2  599:1,2,3

Ons lewe nou tussen die eerste koms en die wederkoms van Jesus.  Ek glo met my hele hart daar was … ‘n Krip [Kersdag]; ‘n Kruis [Goeie Vrydag]; ‘n Leë graf [Opstanding-Sondag]; Hemelvaart, Pinkster en nou wag die wederkoms.

Hoe wag ons?

CORAM DEO [Latyn].  Om te lewe …

In die teenwoordigheid van God

In die voetspore van Jesus

Onder die leiding van die Heilige Gees

[1] Lewe in die teenwoordigheid van God

Wil jy voluit lewe totdat jy sterwe?  Jy kan slegs as jy elke oomblik in teenwoordigheid van God lewe.  Hoe is dit moontlik?

Abraham, Isak, Jakob, Josef, Dawid, Salomo en Jesus self het almal op ‘n besondere manier ervaar wat dit beteken om in die

teenwoordigheid van God te lewe, om ‘n Immanuel-lewe te lewe.

Met Jesus se geboorte kom God deur Jesus in mensegestalte na ons toe, na hemelvaart/pinkster is God deur die Heilige Gees ewig in ons, en na die die wederkoms?

Ek leef in die teenwoordigheid van die Immanuel-God, die Pottebakker-God.  Ek is daar waar Hy is, besig met waarmee Hy besig is, Hy word meer in my lewe en ek minder.

[2] Lewe in die voetspore van Jesus

Hoe is dit moontlik?  Ek kan Hom nie sien, aan Hom vat of met my 2 ore hoor nie.  Die Bybel is die antwoord.

Die Bybel is sy voetspore, liefdesbriewe, foto-album.

Hoe lyk sy voetspore?  Gebruik Matteus as voorbeeld.

Jesus sê:  Ja is eenvoudig ja en nee is nee.

Vir die huwelik, kinderopvoeding, arbeids-verhoudinge, politiek … Die Bybel is die handleiding.

[3] Lewe onder leiding van die Heilige Gees

Rom 8 is die Evangelie in ‘n neutedop, dis my kleinste Bybeltjie vir my elke dag se lewe.

Vraag is, het jy die Heilige Gees?  Hoe weet jy dit?

Glo jy dat God jou so liefhet dat Hy sy eie Seun vir jou sondes laat sterf het, glo jy dit? Dan het jy die Heilige Gees, slegs die Gees kan jou dit laat glo.

Oorhandig alle sleutels van jou hart en lewenshuis aan Hom.

Ons is erfgenaam van God, my naam is in God se testament.

Ek beleef elke dag die harde werklikheid van pyn, lyding, misdaad, bedrog, die dood, noem op.

Maar, ek is in en deur Jesus en onder leiding van die Gees meer as ‘n oorwinnaar, want …

Niks in die hemel/aarde/dood/lewe/duiwel kan my skei van die liefde van God nie.

Dis die een liefdesverhouding wat nooit ooit op egskeiding kan uitloop nie.

Openbaring sê dit sal uitloop op die grootste, wonderlikste bruilof ooit [Openb 19].

Die Bruidedom is Jesus en die bruid is ek/jy.

Vertrou die Immanuel-God soos ‘n kind. Sy liefde vir ons is nie minder in donker dae as in sonskyn dae nie.  Die Immanuel-God is teenwoordig in my besondere lewensbootjie. Mag jy dit elke dag beleef.