Omdat die 4 miljoen Jains in Indië glo dat elke lewe ding ‘n siel het, insluitend plante, diere en mense, eet hulle slegs groente wat bokant die grond groei. Hulle vee ook die grond voor hulle as hulle loop om seker te maak dat hulle nie dalk per ongeluk op ‘n insek trap nie. Die Jains het vyf Groot Wette, geen geweld, geen besittings, eerlikheid, jy mag nie steel nie en seksuele selfbeheersing, in hul soeke na verligting. Bid dat hulle sal beleef dat hulle slegs deur genade en nie deur eie verdienste nie gered kan word. www.bit.do/wb26