Khaled


Khaled is ‘n vlugteling wat deur mensehandelaars in ‘n leë gebou vir ‘n losprys aangehou is.  Deur ‘n wonderlike ontmoeting met Jesus is hy bevry.  Hy dien nou ander vlugtelinge in Europa.  Baie Moslem vlugtelinge wat hulself in desperate situasies bevind, het bonatuurlike ontmoetings met Jesus en is dan heeltemal ontvanklik vir die Evangelie.  Prys God!  Sendelinge in Europa sien ‘n ongekende geleentheid om die Evangelie met Moslems, wat voorheen onbereikbaar was, te deel.  Bid dat herlewing onder die miljoene vlugteling in Europa sal uitbreek.  www.tr.im/wc46