Die Fulani en die Tuareg stamme is bekend vir hulle wrede aanvalle op Christene in Wes-Afrika. Steeds is God aan die beweeg. Daar is bekeerlinge in hierdie stamme wat van dorpie tot dorpie gaan om die evangelie te verkondig. Hulle vind baie ontvanklike harte. Ten spyte van erge vervolging deur hulle familie en ander radikale Moslems versprei hulle die vreugde wat hulle ontvang het. Hulle versprei die oudio-Bybels onder ongeletterde gemeenskappe, wat nou van God se liefde in hul hartstaal, Fulfulde, kan hoor. Prys God. Bid dat baie meer harte van Jesus se redding sal hoor. www.is.gd/wb013