Oor 4 maande is 2022 verby. Wat ‘n jaar; Covid, Aappokke, Oorlog, Eskom …
Sien u kans vir 2023 met die politiek, rentekoerse, werkloosheid …
Hoe verander jy jou lewenslot? Ps 126 is ‘n besondere Psalm. Die mense bid: Verander tog ons lot, Here.
1) VERLEDE
Israel is vir 70 jare lank in ballingskap. Dan keer hulle terug, God het ingegryp, hulle sing van blydskap.
2) HEDE
Wat sien hulle? Alles is verwoes, hulle moet alles herbou, daar is droogte en heraanpassings. Hulle kom agter hulle het gewoond geraak aan Babel se lewe en gewoontes. Hulle verlang selfs terug. Dan bid hulle; Verander tog ons lot, Here.
3) TOEKOMS
Sjoe, dis ons taal, dit verwoord soveel van ons eie situasie. As jy nou aan die praat sou raak, gaan jy dalk dalk sê; Here, ek lewe van hoop op U, ek lewe van dag tot dag met my oë op U, ek saai terwyl trane oor my wange loop, ek saai liefde in my huis teenoor my man/vrou/kind, maar dit lyk of die saad weggesmyt word in droë grond, ek sien geen vrug, maar ek bly sing: Here ek verstaan nie, maar Here ek vertrou U. Dis die enigste manier, bly vertrou die God wat jou in verlede en hede gedra het en wat verseker ook jou toekoms in sy hande het. Kom ons maak Ps 126 die taal van ons eie harte.
Ps 126 en my hede/vandag
Hoe lyk die werklikheid v jou hede? By my werk. ‘n Nommer met ‘n swaard oor my kop, by my ontspanning. By my kerk, woelinge/onrus in die NG Kerk. Noem maar op. Wat moet ons maak met die werklikheid van die hede?
Asb net nie berus in jou lot nie. Nee, neem jou lot na Jesus, bekla jou lot by Jesus. Elia doen dit by ‘n besembos; “Here, ek het genoeg gehad, neem U my lewe.” En God se plan met Elia tree in werking, Elia gaan lewendig hemel toe.
Ps 126 en my verlede
As jy nou terugkyk, wat sê jy? Dankbaar teenoor die Here, aan Sy hand gelewe en Hy was goed vir my. Was moeg/uitgebrand/leeg/sinloos. Dit was donker tye; siekte, kanker, dierbare verloor, finansiële probleme, worstel met skuldgevoelens. Vat alles saam en vra: Wat maak ek met my verlede?
Plaas dit in God se hande. Sien God se hand in jou verlede en kyk ver terug, nee, nog verder, verby jou geboortedag, tot by Goeie Vrydag 2000+ jare gelede. Glo dan met jou hele hart – Aan die kruis het God ingegryp in jou lewe en jou nog nooit weer gelos nie. Van toe tot nou is Hy die Immanuel-God=By my, in my.
Hy gee Ps 126 as padkaart, meer nog Hy gee Genesis – Openbaring as padkaart, Hy gee sy kerk as familie/huisgesin wat omgee. Kyk ver genoeg terug en dan op grond van Ps 126 mag ek hoop, daar is hoop!
‘n Verkyker het as’t ware 2 oë. Met die een sien jy die Heilige Gees raak [God in my, by my] en met die tweede een sien jy die Bybel raak [handleiding/padkaart]. Fokus dan saam en as jy dan deur die verkyker kyk, ver vorentoe kyk, bo-oor hindernisse kyk, dan sien jy een helder duidelike prentjie=Jesus wat wag by die wenpaal. Volg dan Paulus se sonneblomstrategie (Fil 3:13) en dan kry jy dit reg om te bely: Die Here verander my lot.
Die Here kan hartseer in blydskap verander. Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander. Al werk ‘n boer hard, is hy bly as hy ‘n groot oes insamel. So verander swaarkry in blydskap
Amen.