Die skaduwee van die sewe verdieping hoë Santa Muerte standbeeld (Die Heilige van die Dood) word oor een van Mexiko se armste en misdaad geteisterde stede gegooi. Die personifikasie van die dood word geassosieer met genesingm beskerming en ‘n veilige oorgang na die doderyk. So word deur haar 10-20 miljoene toegewyde volgelinge geglo. Offers van blomme, vrugte en alkolhol word gebring. Bid dat God volhoudbare sendelinge en evangeliese Christen bedienings in die spirituele duisternis sal vestig. Bid dat die evangelie die gemeenskap sal verander en dat Meksikane sal begryp dat slegs Jesus ware lewe vir nou en vir die ewigheid kan waarborg. www.is.gd/wb045