Plant saad


Mike het getrou Gideon Nuwe Testamente op kampus uitgedeel ten spyte van ‘n gespot.  Een van die studente, Craig Groeschel, het ‘n NUwe Testament geneem.  Terwyl hy Efe 2:8-9 gelees het, het hy besef dat hy nie redding kan verdien nie.  Die gevolg was dat hy “Life Church” in die VSA begin het.  Hieruit het die “You Version Bible app” gevolg.  Uit daardie een saadjie wat Mike geplant het, het ‘n toepassing gevolg wat reeds 400 miljoen keer in 1868 tale afgelaai is.  Prys God vir hierdie een saadjie wat soveel vrug lewer.  Mag nog miljoene vanuit onbereikte nasies die waarheid ontdek wanneer hulle hierdie toepassing afleei.  www.is.gd/wb108