“Global Media Outreach”


Met oortuigende advertensies op google en sosiale media, het “Global Media Outreach” reeds die evangelie met meer as 2 biljoen mense aanlyn gedeel.  Met 91% van alle mense wat binne die opvanggebied van ‘n selfoontoring woon, bereik tegnologie lande waarheen sendeling nie kan reis nie en word nuwe gelowiges so gehelp om geestelik te groei, in gebiede waar net die noem van Jesus se naam tot jou dood kan lei.  Jy kan ook by hul 2 000 opgeleide vrywilligers aansluit.  Prys God vir die 308 miljoen mense wat Jesus deur hul webblad ontmoet het.  Bid vir die ontelbare miljoene wat desperaat opsoek is na die waarheid.  www.is.gd/wb231