Indonesië


Opstande word deur studente gelei weens die gevoel dat die huidige regering meer onderdrukkend en korrup word en wette maak wat tot hul eie voordeel strek.  Met 242 miljoen Moslems is Idonesië die land met die grootste Moslem populasie ter wêreld.  Die opstande dui ook op die nasie se hunkering na hoop.  Christene het gereageer deur 80 000 Evangelies van Johannes aan die betogers en 15 000 Nuwe Testamente vir nuwe gelowiges uit te deel.  Christene het gesê dat ontvangers gereeld na die kant van die pad beweeg het en onmiddellik God se Woord begin lees het.  Bid dat baie die hoop sal vind waarna hulle in Jesus soek.  www.tiny.cc/wb337