Prys God vir die ondergrondse herlewing wat deur Iran versprei, met die gevolg dat daar vandag 1 miljoen gelowiges uit ‘n Moslem agtergrond in die land is. Bid vir Christen kinders wat ‘n dubbele lewe moet leef. In die openbaar moet hulle deel neem aan die Islamietiese onderrig in die skole en voorgee dat dit hulle realiteit is, terwyl hulle duidelik moet onderskei tussen hul ware geloof en nie die twee vermeng nie. Hul huise is die enigste veilige ruimte waar hulle hul ware geloof kan beoefen en ontdek. Dit veroorsaak geweldige verstandelike en emosionele spanning. Bid vir wysheid vir hierdie kinders, terwyl hul lewens tussen die twee konfronterende wêreldbeskouings moet navigeer. www.tiny.cc/wb341