Kersfees en SAT-7


Terwyl ‘n jaar wat gekenmerk is deur swaarkry en konflik reg oor die Midde Ooste en Noord-Afrika (MENA) tot ‘n einde kom, saai SAT-7 boodskappe van onwrikbare hoop en geloof vir die plaaslike gelowiges.  Sommige van die TV programme fokus spesifiek op kinders en veral op die wat trauma deur oorloë beleef het.  Bid asseblief vir die veiligheid van die wat in kerke vegader en vir troos vir almal wat verliese beleef het.  Ons bid ook dat baie Moslems wat op die programme inskakel deur die oorweldige liefde van God in die feesseisoen aangeraak sal word.  www.is.gd/wb351