Prys God vir die fenominale groei van 25 gelowiges in 1960 tot tussen 500 000 en 3 miljoen gelowiges vandag. Die “veldbrand” word aangevuur deur Dalits wat hul ware identiteit in Christus vind. Fisiese genesings vind plaas en gelowiges deel dit met hul bure. Huiskerke groei ten spyte van regeringsdruk en ‘n toename in vervolging. Die werk is egter nog nie klaar nie. Daar is steeds 125 onbereikte mensegroepe (groepe met geen kerk of met minder as 1 gelowige per 1000 mense) wat nog nooit die evangelie in Nepal gehoor het nie. Neem vandag ‘n onbereikte groep aan in gebed. www.tiny.cc/wb406