Ramadaan (17 Febr – 19 Mrt) is ‘n tyd van fokus om nader aan Allah te beweeg en om dissipline en selbeheer aan te leer. Islam leer die mense dat hulle hulself kan verander en verbeter deur goeie dade te doen en om so te probeer om hulle slegte dade uit te kanseleer. So kry hulle ‘n groter kans om eendag die paradys te beërf. Bid dat Moslems bewus sal raak van bose gedagte en begeertes wat nie deur vas vermy kan word nie. Bid dat Moslems sal droom en visioene van Jesus sal ontvang, die Een wat hulle lief het en hulle wil vergewe. Bid dat hulle bevry sal word van hierdie lewenslange stryd om God se guns te probeer wen. www.is.gd/wb407