In laat Julie 2026 het hierdie Spaanse enklawe (grondgebied) ‘n ongekende krisis beleef, met 70 000+ migrante wat van Morokko die grens in minder 24 uur oorgesteek het. Alhoewel die regering die meeste migrante vinnig teruggestuur het, was duisende steeds gestrand. Dit het die plaaslike gesondheidsorg en sekuriteit tot die uiterste gestrek. In reaksie het plaaslike evangeliese kerke in ‘n gesamentlike ondersteunings poging kos en Christelike literatuur versprei. Bid dat hierdie krisis tot groter eenheid onder die kerke sal lei en dat baie migrante op die strate deur hul bediening die vrygewigheid van Jesus se liefde sal ontdek. www.tiny.cc/wb432