Armenië ervaar ‘n ongekende geestelike herlewing soos wat dit uit hul post-Soviet geskiedenis beweeg. ‘n Soekende honger na Bybelse onderrig, geestelike gemeenskap en daaglikse gebed vind plaas. Groeiende gemeentes stig huisgroepe, dorpskerke en jeugbediening vind elke Sondag plaas. Hierdie vinnige groei veroorsaak ‘n dringende behoefte aan toegeruste en Bybels gegronde leiers. Bid dat plaaslike pastore na geestelike volwassenheid en nederigheid sal groei soos wat groepe soos A3 hulle onderrig. Bid dat die Evangelie sal aanhou om harte te raak en lewens oor nasie grense te verander. www.tiny.cc/wb-431