Swede


Swede is een van die meeste gesekulariseerde lande in die wêreld.  Meer as 1000 evangeliese kerke het in 20 jaar toegemaak.  Tog het die ouer generasies se hiper-sekulêre ingesteldheid en vrye kultuur jongmense leeg en verlore laat voel.  Onder Gen Z word ‘n Christelike herlewing beleef.  Bywoning van die Jesus Konferensie het in 3 jaar tot 3000 gegroei.  Sosiale media projekte soos “Hoekom Jesus”, was instrumenteel in hierdie herlewing.  Na jare se gebed het die jeug se kerkbywoning in die laaste 4 jaar verdubbel.  Om ‘n Bybel saam met jou te dra is nou die “coolste” ding om te doen.  Bid dat die jeug sal vind dat Jesus die ware antwoord is.  www.tiny.cc/wb437