Rashid is ‘n suksesvolle besigheidsman wat tydens die Russiese-era in ‘n Moslem familie grootgeword het, maar wat nie innerlike vrede beleef het nie. Sy lewe het uit mekaar geval toe sy dogter tragies haar lewe in ‘n trekker ongeluk verloor het. Terwyl hy verteer was deur hartseer, het in sy soeke na antwoorde die Quran twee keer deurgelees. Hy het ‘n vers raak gelees wat verklaar dat wysheid gevind kan word deur die Injil (Nuwe Testament) te lees. Terwyl hy besig was om God te vra om vir hom ‘n Bybel te voorsien het onverwagse gaste, met ‘n Bybel in die hand en die Jesus film by hulle, aan sy deur geklop. Deur die Bybel te bestudeer en na die Jesus film te kyk, het Rashid en sy vrou Aleka ware vrede gevind. Bid vir baie meer wonderwerk ontmoetings, sodat nog baie mense in die land Christus sal ontmoet. www.tiny.cc/wb438