Nadat vroue die “Listening Movement” konferensie in Indië bygewoon het, het hulle begin om vreesloos die evangelie deur “Discovery Bible Studies” te verkondig en huiskerke te plant. Mahima, ‘n busbestuurder, het gehelp om 46 huiskerke te stig en 146 mense te begelei om gedoop te word. Radhika hou toesig oor 96 huiskerke en lei 17 vroue leiers op om onder gemarginaliseerde gemeenskappe te bedien, ten spyte van ekstreme geweld deur militêre groepe. Bid vir verskeie vroue wat die konferensie bygewoon het. Bid vir vrug op hul werk soos wat hulle onder geweldig moeilike omstandighede bedien. www.cutt.ly/wb439