Teks: Kolossense 1:1-14
Liedere: 33:1,2 504:1,2 186:1,2
Paulus skryf vir ‘n gemeente wat die evangelie omarm het en Jesus met oorgawe dien. Ongelukkig is daar mense wat die toegewyde gelowiges verwar. Die mense sê vir die gemeente dat hulle nie goed genoeg is nie. Hulle is nog net gedeeltelik oppad na navolging van Jesus. Dit ontstel Paulus geweldig en daarom skryf hy vir hulle hierdie brief, sodat hulle kan verstaan wat die evangelie regtig behels.
Eerstens stel hy hulle gerus voordat hy met hulle oor sy bekommernisse praat. Hulle het reeds by hom die volle evangelie ontvang. Dit is nie nodig om enigsins hieraan te twyfel nie. Epafras kom bevestig dit aan Paulus. Paulus het goeie werk gedoen en hy het dit voortgesit. Paulus het volle vertroue in Epafras se bediening. Hy is ‘n knap leraar.
Vir alles wat goed gegaan het in die gemeente en wat steeds goed gaan, gee hy eer aan die Here. Ongelukkig is daar gelowiges wat hulle ore aan hierdie dwaalleraars uitleën. Daar is die wat verklaar dat Jesus nie die Seun van God is nie, maar net ‘n mens. Die vals leer verklaar dat wat hulle by Paulus en Epafras ontvang het goed is, maar nie goed genoeg nie. Paulus daarteen sê dat geloof, liefde en hoop al is wat die gemeenten nodig het om ware navolgers van Jesus te wees.
Paulus gee eers weer ‘n deeglike samevatting van dit waarin hy glo. Hy herbevestig die evangelie aan die gemeente. Dan kom hy met ‘n versoek. Word vervul met die Gees. Dit gebeur deur kennis sodat ‘n gelowige geestelike wysheid en die nodige begrip kan toon. Dit hulpmiddel vir ‘n gelowige is dit wonderbare krag van God wat in elkeen is.
Die gevolg van Geesvervulling is dat ‘n gelowige tot eer van God sal leef. Met die wete loop ‘n gelowige se lewe oor in blydskap, met die besef dat elkeen wat glo deel in die erfenis van God. Mag ons nooit twyfel nie, maar altyd die sekerheid hê dat geloof in God genoeg is. Mag ons altyd glo dat die evangelie volledig is en ons alles leer wat ons moet weet om in die erfenis van God te deel.