Laylat al-Qadr of die nag van krag (19 Mei) word as die belangrikste nag gesien. Daar word geglo dat die hemel die nag oop is en die nag word as geestelik meer geseënd as ‘n duisend maande gesien. Baie Moslems bly die hele nag in die moskee om die Quran te lees en te bid, met die hoop om vergifnis van vorige sondes te ontvang. Maar nie hierdie jaar nie. As gevolg van COVID-19 is die meeste moskees gesluit. Bid dat miljoene Moslems tydens hierdie Ramadaan hul oortuigings sal bevraagteken en vergifnis in Jesus sal vind. www.tr.im/wb20