Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR)


Gewapende konflik in SAR kan tot voedseltekorte vir 2,3 miljoen mense lei.  Sodra rebelle die hoofhandelsroetes van Kameroen afsny, soos wat hulle vroeër vanjaar gedoen het, skiet pryse die hoogte in.  Die kerk kry swaar; hulle oorleef hoofsaaklik op dit wat hulle self kan verbou.  Tog wil hierdie standvastige gelowiges oudio Bybel, wat met sonkrag laai, in Arabies hê sodat hulle die vyandige Moslem rebellegroepe kan gaan bedien.  Bid dat baie rebelle Christus sal vind.  www.tr.im/wc11