Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde
Tema: EK GLO IN GOD DIE VADER, DIE ALMAGTIGE, DIE SKEPPER VAN DIE HEMEL EN DIE AARDE
Die belydenis [en res vd 12 artikels] glo ek soos ‘n kindjie. God skep met woorde.
In die Rapport van 15/11/2020 skryf ‘n Stellenboscher die interpretasie van die Bybel het vir die kerk ‘n turksvy geword. Sekere Christene glo die Bybel is die onfeilbare Woord van God, andere glo die Bybel moet aanpas soos die tyd aanloop. Adam en Eva is net ‘n mite en daar was geen sondeval nie. My vraag: Wat glo ek/jy? Is die Bybel die onfeilbare Woord van God, ja/nee ? Ek glo …
Gen1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3 Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. 4 God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5 God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit was die eerste dag [Lig/donker].
Gen 1:6 Toe het God gesê: “Laat daar ‘n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.” 7 So het dit gebeur. God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf. 8 God het die gewelf “hemel” genoem. Dit was die tweede dag [Hemelgewelf/struktuur, skei waters in lug van die waters op die aarde].
Gen 1:9 Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.” So het dit gebeur. 10 God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaargekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed. Dit was die derde dag [See en land, 70% van die aarde se oppervlak is met water bedek].
Gen 1:14 Toe het God gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui. 15 Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.” So het dit gebeur. 16 God het die twee groot ligte gemaak, die grootste om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers, en ook die sterre.
Dit was die vierde dag [Son, maan en sterre].
Gen 1:20 Toe het God gesê: “Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat daar voëls onder die hemelgewelf oor die aarde vlieg.” Dit was vyfde dag [Visse en seediere om water te vul en voëls om die lug te vul].
Gen 1:24 Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” 27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Dit was die sesde dag [diere om die aarde te vul en die mens om na die aarde om te sien en met God gemeenskap te hê, met Hom te kommunikeer, ‘n unieke voorreg wat slegs die mens het].
Op die sewende dag het God gerus van sy skeppingswerk en Hy was baie ingenome/tevrede met sy skepping.
God skep met woorde, Hy sê net, gee ‘n bevel, en dit is so.
MAAR by die mens skep God totaal anders.
Gen 2:7 Die Here God het toe die mens=Adam gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.
By die mens gebruik God iets wat Hy reeds gemaak het om Adam te maak=’n hand vol grond en met die stof in die grond skep Hy Adam [stof=broos=niks]. En dan blaas hy sy lewensasem [suurstof] in Adam se neus en Adam lewe. Adam=mens is beeld van God, ewebeeld van God. En Adam het alles onder die son wat sy hart kan begeer, alles in die oortreffende trap, volmaak.
MAAR Adam is alleen. Vader, Jesus en Heilige Gees hou toe kajuitraad [1:26=Ons], God besluit, ons maak nog ‘n mens=Eva=lewe.
Gen 2:18 Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” [helper=ezêr=iemand wat dinge beter kan doen as jyself]. Eva=mens soos Adam, identies tog anders/verskillend [pot/deksel/pasmaats/ander helfte].
God voorsien maw in Adam se behoefte. Oor God se voorsiening wil ek nog 2 kosbare voorbeelde deel met u …
Gen 22:14 Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” [God voorsien ‘n ander offerram in plek van Isak en in die Nuwe Testament=Jesus aan kruis=grootste voorsiening v God ooit].
Isak is 40 jaar oud, ongetroud, sy pa maak ‘n plan, stuur sy slaaf met 10 kamele om vrou vir Isak te gaan soek.
Gen 24: 12 Eliëser het gebid: “Here, God van Abraham wie se slaaf ek is, laat daar vandag iets met my gebeur; betoon tog u trou aan my eienaar Abraham. 13 Hier staan ek by die fontein waar die jongmeisies van die stad sal kom water skep. 14 As ek vir ‘n meisie vra: ‘Hou tog jou waterkruik dat ek kan drink,’ en sy antwoord: ‘Drink gerus, en ek sal jou kamele ook water gee,’ dan is dit sy wat deur U gekies is vir u dienaar, vir Isak, en dan sal ek weet dat U trou betoon aan my eienaar.” 15 Voor hy nog klaar gebid het, kom Rebekka met die waterkruik op haar skouer daar aan.
God voorsien ‘n vrou vir Isak. Hoe voorsien God vir Adam?
Gen 2:21 Toe het die Here God ‘n diep slaap/narkose oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe ‘n ribbebeen [naby sy hart], uit die mens, vul die plek met vleis op=operasie, 22 en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot ‘n vrou en bring haar na die mens toe 23 Toe sê die mens: “Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek [Hebreeus sê=been uit my gebeente en vlees uit my vlees]. Daarom sal sy ‘vrou’ [Mannin] genoem word; sy is uit die man geneem.” 24 Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. 25 Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.
En toe ongehoorsaamheid=sondeval/eet van die boom v kennis v goed en kwaad
Gen 3:7 Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. God kom op die twee af en ek dink God het gelag, Adam en Eva het nou kennis, maar hulle dink nie ver genoeg nie, wat gaan gebeur as blare verdroog !!!
Gen 3:21 Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek.
God skep nog mense, maar nou is die nuwe lewe uit Eva, elke mens na Adam en Eva is uit ‘n vrou gebore.
Gen 4: 1 Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. Sy het vir Kain in die wêreld gebring en uitgeroep: “Ek het ‘n man in die wêreld gebring met die hulp van die Here!”[Eva gee aan God die eer]. 2 Sy het weer ‘n kind gekry, Abel, ‘n broer vir Kain. Abel was ‘n veeboer en Kain ‘n saaiboer [1ste moord vind plaas].
Gen 5:3 Toe Adam 130 was, het hy weer vader geword van ‘n seun, sy beeld, een soos hyself. Adam het hom Set genoem. 4 Nadat Set vir hom gebore is, het Adam nog 800 jaar geleef en seuns en dogters gehad. 5 Adam was dus 930 jaar toe hy gesterf het.
Na Adam en Eva skep God nog elke dag, elke baba is 9 maande lange wonderwerk, van oomblik God lewe skep tot geboorte.
Vrou is kroon van Sy skepping, nuwe lewe slegs uit vrou. Daarom moet man opkyk na vrou, haar op troon sit, GBV [gender based violence] mag nooit, man is nie die baas en mag nooit ‘n vrou fisies, emosioneel, verbaal seermaak, karaktermoord pleeg nie. Vrou is kroon van skepping, maar in Jesus is man en vrou gelyk, daarom mekaar respekteeer, liefhê, dien soos/na voorbeeld van Jesus. Man/vrou moet mekaar liefhê met God se liefde [1Joh 4:8+16=God is liefde].
Nege maande voor geboorte skep/plant God sy liefde in die nuwe lewe in, en as baba gebore word, gebore met behoefte om lief te hê en liefgehê te word.
Sê weer, vrou is kroon v skepping, MAAR luister nou mooi …
1 Kor 11: 11 Die Here het bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie, 12 want soos die vrou uit die man geneem is, so kom die man deur die vrou in die wêreld, maar alles is uit God. Verduidelik: Man/vrou is op mekaar aangewese, afhanklik van mekaar, ewe belangrik, het mekaar nodig.
1 ste vrou is uit man gemaak, maar daarna word elke man, elke mens uit ‘n vrou gebore, en uiteindelik is almal en alles van God afkomstig. God maak nog elke dag mans en vrouens.
Ek/jy het myself/jouself nie lewe gegee/gemaak nie.
Daarom: God was, is en sal altyd die Skepper wees !!!
Soli Deo Gloria, aan God alleen die eer. Amen.