Vanaf die begin van die inperking laas jaar het die “Calvary Temple Church” in Hyderabad reeds 700 ton kos aan mense in uiterste nood versprei. Nou dat Indië in die greep van ‘n verwoestende tweede golf vasgevang is, is hul kerk in ‘n 300-bed COVID versorgingsentrum omskep. Die reaksie is oorweldigend. Pasiënte glo dat hulle in die tempel in God se teenwoordigheid is. Bid dat baie, veral vanuit die Hindoe meerderheid, Jesus se liefde in hierdie unieke hospitaal sal vind. www.tr.im/wc21