Onder die 500 000 Burjat’s van Siberië bestaan die wanopvatting dat jy eers Russies moet word om ‘n Christen te kan wees. Hulle volg ‘n tipe Tibetaanse Boedisme wat waarsêery en toordery insluit. Daniela het gevoel dat die Buryat’s liedere in hul hartstaal benodig om met God te verbind. Met die hulp van ‘n groep Buryat’s het sy 6 musiek video’s vervaardig in op YoutTube geplaas, waar hulle 25 000 keer geluister is. Bid dat God se Gees harte sal raak soos wat hulle daarna in hul moedertaal luister. www.tr.im/wc22