Hadj (Pelgrimsreis na Mekka, 17-22 Julie)


As gevolg van COVID-19, word die normale gemeenskaplike aktiwiteite beperk: Weeklikse gebede by die moskee word beperk en die gewone 2 miljoen deelnemers word net tot die Saudi’s beperk.  Dit is ‘n geweldige slag vir baie Moslems wat hul hele lewe lank voorberei vir die eenmalige, verpligte reis van ‘n leeftyd.  Die hoofdoel van die Hadj is om van sondes bevry te word.  Bid dat die Moslems wat teleurgesteld is die Waarheid, wat ons weet Jesus is, sal soek.  www.tr.im/wc28