Yemen


Na ses jaar van oorlog, waartydens duisende missiele en bomme afgevuur is en honderde duisende gesterf het, staar die land die wêreld se swaarste hongersnood in die gesig.  Verder is Yemen een van die moeilikste plekke om van Jesus te hoor, en tog is die Gees aan die beweeg, met meer as 160 persone wat per jaar na Christus draai, hoofsaaklik deur middel van sosiale media en die radio.  Prys God vir die wat Christus gevind het, ten spyte van die doodsbedreiging deur hul Moslem familie en vriende..  Bid vir klein maar groeiende huiskerke.  Bid dat God se waarheid en genade effektief deur sosiale media versprei sal word.  www.tr.im/wc32