Meer as 500 000 Afghane het onlangs van hul huise gevlug, baie met net die klere aan hul lyf. Baie vlug na naburige lande om daar met hulle lewe oor te begin. Bid dat hulle in hierdie verwarring en ontwrigting ‘n vesting in Jesus sal vind. Leiers van huiskerke het reeds dreigbriewe van die Taliban begin ontvang. Bid vir Christen broers en susters wat steeds vasgekeer sit in die land. Bid veral vir die wat doelbewus besluit het om by die vinnig groeiende ondergronds kerk agter te bly. www.tr.im/wc35