Oekraïne


Ten spyte van die verskriklike bombardering wat in Oekraïne plaasvind, is God aan die beweeg.  Christen vlugtelinge vanuit Oekraïne is besig om die Evangelie na ‘n Europa te neem wat van God vergeet het.  “TransWorld Radio” het ‘n tweede transmittor opgestel in Oos-Europa om hoop in die wanhopige toestand uit te saai.  Kerke word in vlugteling skuilings verander.  Baie mense vind hoop in God se Woord. , met Psalm 31 wat werklik groot waarde vir die hele nasie bied.  Baie besef dat die oorlog in die Oekraïne eintlik ‘n geestelike oorlog is wat teen godsdiensvryheid geveg word.  Dis ‘n geveg wat ons op ons knieë sal moet veg.  www.is.gd/wb012