Dress a Girl


Stel jouself ‘n wêreld voor waar elke dogter ten minste een rok besit.  Die bediening “Dress a Girl” poog om presies dit te doen en het reeds meer as 1 miljoen rokke in 81 lande versprei.  Sekshandel sindikate teiken gewoonlik die armste van die armes.  Hierdie rokke maak dat die meisies minder behoeftig voorkom en die “Dress a Girl” etiket aan die buitekant wys dat daar ‘n organisasie is wat na hulle omsien.  Bid dat, soos wat hierdie meisies waardigheid in die rokke vind, hulle ook hul waarde in Jesus sal ontdek.  www.is.gd/wb021