Sosiale media


In die Midde-Ooste, waar 90 tot 95% Moslems is, het die sosiale media en Christelike aanlyn uitreike in belangrikheid toegeneem, veral sedert die Covid inperkings.  Die meeste van die mense in die areas sal dalk nooit ‘n Christen ontmoet nie, met baie lande wat evangelisasie heeltemal verbied.  ‘n bedieningsleier sê:”Ons gee baie aandag aan ons sosiale media, omdat dit deur hierdie medium is wat God verlore skape in Sy Koninkryk intrek”  Bid dat baie meer soekers hierdie gespreksgroepe en webadresse sal opspoor.  www.is.gd/wb037