Het u al iemand ontmoet wie se moedertaal Tamazight is, of is een van u kollega;s van Iran? Hoe deel ons die evangelie op ‘n betekenisvolle manier wanneer taal ‘n belemmernis is? “ScriptureEarth” het Bybelse hulpbronne in duisende tale, van oudio Bybels, geskrewe bronne, die Jesus-film en nog vele meer. Bid dat, soos wat ons nou die Kersseisoen binne gaan, dat God vreemdelinge oor idie pad van mense sal bring wat nog nooit van Jesus se dood wat hulle vrymaak, gehoor het nie. Bid vir hul redding en dat hierdie bronne daartoe sal bydra. Bid dat hulle die oneindige liefde van God vir hulle, sal ontdek. www.is.gd/wb049