Om geloof deur die internet te vind: Terwyl hy in die tronk was, het Moslem spirituele leiers Karim besoek. Hul verdoemende woorde het vir hom betekenisloos gevoel. Na sy vrylating, het Karim die internet gebruik om antwoorde vir sy vrae te soek. Hy het ‘n media uitreik webblad in sy eie taal gevind en het in kontak met Elias gekom. Na vier maande van boodskappe en aanlyn bestudering van die Bybel, het Karim vir Elias gevra of hulle persoonlik kan ontmoet. Na ontmoetings wat oor 6 maande gestrek het, het Karim Christus aangeneem. Prys God. Karim is tans deel van ‘n Zoom-gemeenskap en is besig met opleiding om self die Evangelie van Jesus met aanlyn soekers te deel. www.is.gd/wb050