Christenskap word vurig teengestaan, met die doodstraf as vonnis vir die wat Islam of Mohammed beledig. Tog is God aan die werk. Laas jaar is daar gedeel hoe ‘n hoofman in die noorde van Pakistan se ongeskikte en rebelse kind se gedrag verander het nadat hy na die evangelie op ‘n “Keys for kids” MP3 speler geluister het. Die gevolg was dat die span meer as 200 MP3 spelers in die dorpie uitgedeel het. Die hoofman van die dorp was so verstom oor die verandering in sy dorp, dat hy besluit het om die “Keys for Kids” oudio materiaal oor die luidsprekers te speel waarmee die Moslems vir hul gebedstye opgeroep word. Bid dat baie Moslems in die dorpie na Christus sal draai. www.tiny.cc/wb204