Soedan


Die burgeroorlog wat ‘n jaar gelede begin het, het 8 miljoen mense verplaas, met baie wat die grens na Suid-Soedan, die armste land in die wêreld, oorgesteek het.  Meer as 82 van die 171 mensegroepe van Soedan ken nie vir Jesus nie en het geen toegang tot die Evangelie nie.  Tog is baie besig om in die vlugtelingkampe na Christus te draai.  In hul desperaatheid roep hulle uit na en droom van Jesus.  Prys God dat Hy in hierdie pynlike chaos ewige hoop bring.  Bid dat die Here magtig sal beweeg en dat ‘n kragtige kerk sal ontstaan.  www.tiny.cc/wb216